Die 33-jarige het die streekslughawe Bordeaux-Merignac in die suidweste van Frankryk Donderdag gebel en aan die owerhede gesê “daar is ’n bom”. Die polisie het die lughawe dadelik afgesper om soektogte uit te voer. Die man is sowat 20 km van Bordeaux af aangekeer en aangehou.
Maar die daad van liefde kan hom duur te staan kom.

Onder polisieondervraging het hy erken hy het die bomdreigement gemaak en verduidelik hy wou sy meisie se vlug vertraag, want sy het in die verkeer vasgeval.

Maar die daad van liefde kan hom duur te staan kom. Die aanklaers het aan AFP gesê hy kan tot twee jaar tronkstraf of ’n boete van tot R390 000 opgelê word.

Hy verskyn binnekort in die hof in Bordeaux.

Bronne: Daily Mail, News.com.au