SY lewe het skielik ’n bietjie woes geraak, sê die man met die beertjielyf en die breë glimlag.

Pieter Fourie (42), sy vrou Aida, hul drie kinders, vier katte, hond, drie hoenders, papegaai, kokketiel, budgie en vier duiwe verwelkom jou wanneer jy op ’n bewolkte dag by sy huis inval.

Eers was hy in die sop omdat hy op Facebook sê gays is sondig, en toe word hy uitgekryt as ’n wit sangoma deur ’n Kerkbode-joernalis. Facebook-groepe is teen hom gestig, mense sê hy’s vet, demoonbehep, mal, Middeleeus en sy eie kerk is nie seker wat om met hom te maak nie.

’n Herrie woed omdat hy glo brakende demone uit mense dryf, spoke wegjaag en wilde uitsprake maak. Soos dat windklokkies in jou huis demone lok, en dat jou kind se verbeeldingsmaatjie eintlik ook ’n demoon is.

Tog het Pieter meer vriende as vyande. Sy Facebook-groep, Vra Dominee Pieter, het al 5 113 lede. Nie sleg vir ’n dominee nie...

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 3 Februarie 2011

Bespreek vir Skouspel!