Kunstenaars soos Francois van Coke, Majozi, Brendan Peyper en Valiant Swart gaan ook die skare vermaak.

Ons het die groepie van naderby leer ken.

1. Waar kom die naam BlackByrd vandaan?

Dis geïnspireer deur die Paul McCartney-treffer Blackbird.

2. Wie is julle en wat is elkeen in die groep se sterk punte?

Tarryn Lamb is die hoofsanger, Tamsyn Maker bespeel die hoofkitaar en Axene Prinsloo die ritmiese kitaar. Ons al drie sing, speel kitaar en skryf liedjies.

Lees ook: Liefde by die Dam: Francois van Coke kan skaars wag

3. Hoe het julle as ’n groep saam begin musiek maak?

Ons was vriende voor ons saam begin optree het. Ons het mekaar gereeld by musiekvertonings raakgeloop en ons agent het ons later bymekaargebring. Natuurlik was ons baie opgewonde, en ná drie jaar saam geniet ons nog elke oomblik van saam toer.

BlackByrd_07 (6)

4. Wat was die afgelope jaar vir julle hoogtepunte?

Ons kan nie regtig ’n enkele hoogtepunt uitsonder nie omdat elke oomblik op die verhoog vreeslik spesiaal is. Dit is ’n groot eer om te doen wat ons doen en die feit dat ons by al die groot feeste kan optree, is die kersie op die koek.

5. Waarna kan aanhangers uitsien by Donderdag se konsert by die Emmarentiadam?

Ons het ’n baie lekker optrede saamgestel vir Liefde by die Dam. Al wat ons bereid is om te sê, is dat almal hul piekniekmandjies moet pak en gereed moet maak vir ’n lekker rustige kuier!

6. Verklap ’n bietjie meer oor die groep:

a. Wie is altyd laat?...Tarryn

b. Wie partytjie die graagste?...Tarryn

c. Wie bring die meeste tyd op haar foon deur?...Tammy

d. Wie kry die meeste aandag van die teenoorgestelde geslag?...Tammy

e. Wie het ’n geheime talent en wat is dit?...Axene hou van met haar hande werk en het al ’n bedbasis gebou en verkoop.

?????

Kaartjiepryse vir Liefde by die Dam begin by R160.

Klik hier om kaartjies te koop. Volg Liefde by die Dam op Facebook en Instagram, sluit aan by die Facebook-geleentheidblad en twiet saam op Twitter.

Hierdie Jakaranda FM-musiekervaring word aangebied deur Huisgenoot, kykNET en TicketPro.