Sandra Bullock is “eufories” nadat sy by die fotograaf Bryan Randall liefde gevind het.

Die 51-jarige aktrise het in die middel van verlede jaar met Bryan begin uitgaan en E! News berig sy het eindelik haar volmaakte pasmaat gevind.

“Sandy het haar sielsgenoot gevind,” het ’n bron Vrydag aan die nuusagentskap gesê. “Haar vriende en familie hou daarvan om Sandy so gelukkig te sien. Sandra en Brian is in die wolke. Sy is waar sy eindelik saam met ’n maat wil wees.”

Die Oscar-bekroonde aktrise het by die 50-jarige voormalige model geluk gevind nadat sy vyf jaar gelede te midde van ’n skandaal van ontrouheid van haar man, Jesse James, geskei is.

Lees ook: Sandra Bullock en Bryan Randall ‘beplan lewe saam’ Net nadat sy haar eerste Oscar gewen het vir haar rol in The Blind Side in 2010 het berigte begin opduik dat Jesse tydens hul huwelik aan Sandra ontrou was. Die motorfiets-entrepreneur het later sy ontrouheid in ’n verklaring erken voor hy hom in ’n rehabilitasiesentrum laat opneem het. Sandra het hom in April daardie jaar ’n egskeiding gevra. Die ster – wat twee aangenome kinders, Louis (6) en Laila (3), het – geniet nou haar verhouding met Bryan. En E! onthul hulle het die naweek van 4 Julie saam deurbring.

“Haar kinders is haar grootste liefde,” het die bron aan E! News gesê. “Sy het hulle die waarde van ’n dollar geleer en om die klein dingetjies te waardeer. Louis is die bes gemanierde kind en beleefd teenoor ander kinders. Bryan deel dieselfde gevoel oor hoe kinders grootgemaak moet word.

Ondanks haar Hollywood-roem en miljoene dollars in die bank, begeer Sandra net ’n gewone lewe en haar verhouding met Bryan is presies wat sy nodig het.

“Sy is ’n eenvoudige soort vrou wat nie deur handelsname en spoggerige goed beïndruk word nie,” het die bron vertel. “Sy dra min grimering en trek baie informeel aan wanneer sy nie werk nie. Bryan hou daarvan dat sy ’n natuurlike skoonheid is.”

© Cover Media