water

Die munisipaliteit het teen sesuur gisteraand (19 Januarie) op Twitter aangekondig dat die watertoevoer teen tienuur die aand afgesluit sou word. Die water sal teen Saterdag (21 Januarie) weer vloei.

Die buurte wat deur die nood-onderbreking geraak sal word, is Northriding en omliggende dele, Talavera-kompleks, Kya Sands, Northlands Business en Deco Park, Bloubosrand, Johannesburg-Noord, Craigavon, Maroeladal, Cedar Lakes, Cedar Creek, Broadacres, Cedarlaan-West, Needwood, Chartwell, Farmall en Steyn City.

“Al die strate in die bogenoemde areas sal vir 44 uur sonder water wees. Inwoners word gevra om water spaarsaam te gebruik om enige verdere ongerief te verhoed,” lui nog ’n twiet.

Watertenke sal by die volgende stasies beskikbaar wees:

  • Cedar Lakes en die BP-vulstasie by die Broadacres-winkelsentrum
  • Northlands Business en Deco Park
  • Crèche in Agulhas-weg
  • Hyperion-weg (Hampstead Gardens)
  • Cedar Creek
  • Precisionstraat
  • Thorntree-kompleks
  • Cedarlaan-Wes
  • Talavera-kompleks
  • Runnymeadlaan
  • 3de Laan, Chartwell

“Ons vra on verskoning vir die ongerief en raai inwoners van die al die areas wat geraak word om ook hul geiser (warmwatertoestel) af te skakel. Die noodherstelwerk sal afskop sodra die water ten volle geïsoleerd is.”

Nog ’n twiet vroeër vandag het gesê dat die water ten volle herstel sal word ná die herstelwerk.

Volg @JHBWater op Twitter vir die die vordering aan die herstelwerk.