Dink jouself ’n bietjie dié prentjie in: Jou vrou is swanger met ’n tweeling. Jy het albei die babas op die sonar gesíén. Jy het nog gesien hoe kruip boetie agter sussie weg.

Teater toe op die groot dag... Die dokter haal tydens ’n keisersnee jou eerste baba uit. ’n Pragtige dogtertjie. Maar die tweede baba kry die dokter nêrens nie...

Dít is wat met Herman (36) en Anri (29) Conradie gebeur het met die geboorte van hul tweeling.

“Die dokter het eerste vir Miané uitgehaal. Hy kry toe so ’n bekommerde kyk op sy gesig. Hy soek en soek en kry nie die ander baba nie. Ek het nogal gestres. Ek kon sien iets is fout.

"Hy vra nog vir die ander dokter 'waar is die ander een', want hy voel nie die ander een nie. Die ander dokter sê toe vir hom daar is twee baarmoeders en die ander baba is in die ander baarmoeder. Dit was nogal ’n verligting toe hy vir PW uithaal,” het dié trotse pa oor die telefoon gesê terwyl PW se sussie Miané rustig op sy bors gelê en slaap het.

[caption id="attachment_124573" align="alignnone" width="600"]PW het vir vyf maande agter sy sussie se rug geskuil in hul ma se maag voordat die dokter hom op ’n sonar gesien het. Dit was ook die baarmoeder waarin hy was wat se water eerste gebreek het. Foto: Verskaf Dis hoogs onwaarskynlik vir ’n vrou om twee baarmoeders te hê; nog meer om ’n tweeling te verwag elk in sy eie baarmoeder. Foto: Verskaf[/caption]

Dr. Karen Minnaar, ’n ginekoloog van die Netcare Unitas-hospitaal in Centurion, sê dit is baie raar vir ’n vrou om twee baarmoeders te hê.

Lees ook: Kan jy dit glo? Hierdie ma het vyf vreemdelinge haar baba laat borsvoed!

Dit is ’n abnormaliteit wat by ’n baie klein persentasie van vroue voorkom as sy twee baarmoeders het. Dit is iets wat ontwikkel terwyl die vrou self nog ’n fetus in haar ma se maag is.

Daarom is dit nog skaarser dat ’n tweeling gebore word en elkeen in sy eie baarmoeder is.

[caption id="attachment_124576" align="alignnone" width="600"]PW het vir vyf maande agter sy sussie se rug geskuil in hul ma se maag voordat die dokter hom op ‘n sonar gesien het. Dit was ook die baarmoeder waarin hy was wat se water eerste gebreek het. Foto: Verskaf PW het vir vyf maande agter sy sussie se rug geskuil in hul ma se maag voordat die dokter hom op ’n sonar gesien het. Dit was ook die baarmoeder waarin hy was wat se water eerste gebreek het.Foto: Verskaf[/caption]

Karen kan nie statistieke gee van hoeveel keer dit al gebeur het nie omdat daar nie in Suid-Afrika statistieke bygehou word van hoeveel tweelinge gebore word nie. Maar in haar loopbaan het sy dit nog nooit gesien nie.

Herman sê hy en Anri het ná die tweeling se geboorte oor vroue met twee baarmoeders op die internet gaan soek en gevind daar is “een kans uit elke vyf miljoen dat albei babas wat só gebore word, sal lewe”.

“My ouma was vir 40 jaar ’n verpleegster in ’n kraamsaal en sy het dit nog nooit gesien nie,” sê Herman.

[caption id="attachment_124577" align="alignnone" width="600"]PW het vir vyf maande agter sy sussie se rug geskuil in hul ma se maag voordat die dokter hom op ‘n sonar gesien het. Dit was ook die baarmoeder waarin hy was wat se water eerste gebreek het. Foto: Verskaf Herman se ouma was vir 40 jaar ’n verpleegster in ’n kraamsaal en sy het dit nog nooit gesien nie. Foto: Verskaf[/caption]

Herman vertel hoe hulle eers toe Anri vyf maande swanger was, agtergekom het daar is nog ’n baba in haar maag. Van Miané het hulle van die begin af geweet, maar PW het half agter sy sussie weggekruip.

Lees ook: ‘Dokters was oortuig sy gaan nie oorleef nie,’ vertel ma van vroeggebore baba wat vandag floreer

“Toe ons hoor dit is ’n tweeling was ek geskok en verbaas omdat daar nie tweelinge in my of my vrou se families is nie,” sê Herman.

Hul verwagte datum vir die twee was Maandag 25 April.

Op 1 April, ook Herman se verjaarsdag, het die baarmoeder waarin PW was se water gebreek. Anri was toe 33 weke swanger. Miané is die aand half sewe in die Pretoria-Oos-hospitaal gebore. Dit was eers tydens die keisersnee wat die dokter agtergekom het Anri het twee baarmoeders.

By geboorte het Miané 1,88kg geweeg en PW, oftewel Patrick William, 1,74kg.

[caption id="attachment_124574" align="alignnone" width="600"]Die trotse pa met sy twee spruite. Foto: Verskaf Die trotse pa met sy twee spruite. Foto: Verskaf[/caption]

Hulle was sowat drie weke in die neonatale-waakeenheid “omdat hulle so klein was”, sê Herman.

Hulle is die afgelope Sondag ontslaan en is gister saam met hul ouers na hul ouerhuis in Lephalale in Limpopo.

“Op die einde is een kind al klaar ’n wonderwerk. ’n Tweeling is nog ’n groter wonderwerk.

“Hulle is net wow.”

Ander stories op Huisgenoot.com:

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

Dis wat sal help om daai kankerstokkie vir goed dood te druk

Hoe weet jy of jou kind dalk ’n bril moet dra?

Testikulêre kanker: Wat elke man moet weet