Die wedstryde begin vanaand wanneer die OP Kings in Port Elizabeth teen die WP speel, en duur tot en met die eindwedstryd op 25 Oktober.

Jurie Roux, hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), het die afgelope week gesê die Curriebeker bly ’n rugbykompetisie van hoë gehalte en het nog min glans verloor in sy 123-jarige bestaan.

“Jaar ná jaar bespiegel mense dat dit ’n afgewaterde kompetisie is en dat dit nie so taai gaan wees nie,” sê Jurie, maar voeg by die mededinging is elke jaar ewe taai en die belangstelling ewe groot.

“Mense gaan kyk na die wedstryde, die vyandskap is daar, want die Absa Curriebeker gaan oor die provinsie. Dis ’n platform vir spelers om te wys hulle verdien die Groen-en-Goud.”

Die samestelling van die kompetisie lyk vanjaar anders as verlede jaar toe die Haaie gewen het en net ses spanne in die Premierliga gespeel het.

Die Superrugby-franchises kry nou elkeen een span: die Blou Bulle, Haaie, Westelike Provinsie, Vrystaat Cheetahs, Goue Leeus en Oostelike Provinsie Kings.

Die Pumas en die Griekwas het ook gekwalifiseer en sal die sewende en agste spanne wees.

Anders as vorige jare sal ’n speler wat as Springbok gekontrakteer is, nie in die reeks mag speel nie. Dis ’n verandering wat baie afrigters en ondersteuners verwelkom, veral omdat dit jong spelers kans gee om te skitter.

Ook het afrigters gesukkel om Springbokke by die span te integreer wanneer hulle teruggekeer het vir die laaste paar wedstryde ná die Rugbykampioenereeks.

Die spanne vir vanjaar se Curriebeker is:

Cell C Sharks

Afrigter: Brad Mcleod-Henderson

Kaptein: Terra Mtembu

DHL WP

Afrigter: Allister Coetzee

Kaptein: Juan de Jongh

Vodacom Blue Bulls

Afrigter: Frans Ludeke

Kaptein: Deon Stegman

GWK Griekwas

Afrigter: Hawies Fourie

Kaptein: Wayne Stevens

OP Kings

Afrigter: Carlos Spencer

Kaptein: Luke Watson

Toyota Free State Cheetahs

Afrigter: Rory Duncan

Kaptein: Torsten van Jaarsveld

Zerox Goue Leeus

Afrigter: Johan Ackermann

Kaptein: Warren Whiteley

Steval Pumas

Afrigter: Jimmy Stonehouse

Kaptein: Corné Steenkamp

Die naweek se wedstryde:

Vrydag 8 Augustus

19:10 – OP Kings teen WP (Port Elizabeth)

Saterdag 9 Augustus

15:00 – Griekwas teen Haaie (Kimberley)

17:05 – Goue Leeus teen Blou Bulle (Johannesburg)

19:10 – Pumas teen Vrystaat Cheetahs (Nelspruit)

  • Alle wedstryde word op SuperSport 1 (DStv-kanaal 101 of 111) uitgesaai

Bronne: Sapa, Supersport.com