Hulle het die afgelope week heel eerste vir Huisgenoot vertel dat hulle DVD Bapsfontein Live goue status bereik het. Meer as 10 000 eksemplare het sedert April van die rakke afgevlieg.

“Ons is verheug dat dit so goed doen,” sê Tony Campbell van dié country-duo.

Die DVD is verfilm by die bekende Bapsfontein-hotel oos van Johannesburg. Dit bestaan uit 50 van hulle grootste treffers soos Rooi Rok Bokkie, Bietjie Bietjie Lam en Stukkie van der Merwe .

Bapsfontein-hotel is meer as vyftig jaar gelede deur van die land se bekendste countrysangers op die wêreldkaart geplaas.

Voordat die hotel in 2014 deur nuwe eienaarskap oorgeneem is, is daar spesiaal gereël dat die Campbells se DVD hier verfilm word – as een laaste musiekgebeurtenis waartydens die hotel weer die glorie van sy countrydae herleef.

“Ons het dit gepas gevind om hulde te bring aan die plek wat so a groot rol in Suid-Afrika se Afrikaanse en countrymusiek gespeel het,” sê Tony. “Dit het gevoel asof ons in reuse se voetspore stap en terselfdetyd, nuwe herinneringe vir musiekliefhebbbers skep.”

Staan 'n kans om 'n Campbell-pakket te wen!

Om die mylpaal te vier, gee die Campbells tien pakette van hulle DVD (Bapsfontein Live) en album (Homegrown Country) weg!

NEEM SO DEEL:

SMS die woord "Campbells", jou naam en adres na 35407. Elke SMS kos R1,50. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Die kompetisie sluit op 17 Desember 2015.

Bepalings en voorwaardes

Die wenner word lukraak met rekenaarsagteware getrek. Die beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Die prys is nie omruilbaar vir kontant nie. Jy moet die geregistreerde eienaar wees van die selfoon wat gebruik word om aan die kompetisie deel te neem of toestemming van die geregistreerde eienaar hê om sy/haar selfoon vir deelname aan die kompetisie te gebruik. Die borg is verantwoordelik vir die aflewering van die prys. Geen werknemers of naby familie van Media24 en die borg mag aan die wedstryd deelneem nie.