Elke dag wanneer Leonie Binneman (45) werk toe ry, sien sy die huis wat vir haar soveel hartseer gebring het. Dit is net twee weg van hare, en dis daar waar haar man en haar beste vriendin hul buite-egtelike verhouding bedryf het.

Wanneer sy daar verbyry, word sy elke keer herinner aan ’n oorwinning wat maar bittersoet is.

Selma Meintjies (43), die vrou wat toe haar man afgerokkel het, moet Leonie nou skadevergoeding van R100 000 betaal – R50 000 vir die vernedering en R50 000 vir die verlies aan ’n eggenoot, het landdros Abel Mdalana in die Oos-Londense landdroshof beslis.

“Dit gaan nie oor die geld nie,’’ sê Leonie. ‘‘Dit gaan oor die beginsel.”

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot (28 Julie) gesels Leonie met ons terwyl sy deur haar trou-album blaai.

Volg Huisgenoot op Twitter.