Op Woensdag 20 Januarie 2016 het kykNET die nuus op sosiale media aangekondig: Dié gunstelingnooi is amptelik van die mark af. Sy en die eiendomsontwikkelaar David de Villiers van Pretoria is verloof. Lees ook: Vyf vrae aan Nadia Beukes

In ’n onderhoud met Huisgenoot van 15 Oktober 2015 het Nadia hart oopgemaak oor haar eie sprokie. “Dis belangrik om die liefde ’n kans te gee.” En dis presies wat sy gedoen het. Sy en David het mekaar deur gemeenskaplike vriende ontmoet toe sy by Montecasino ’n hoofrol in die musiekblyspel Liefling vertolk het. “Ons vul mekaar goed aan. Ek leer by hom baie van sake en ek dink ek bring weer ’n sagter kant in hom na vore.”

Huisgenoot het haar in 2014 gevra hoe haar ideale man daar uit moet sien. “Hy moet ’n breë glimlag en ’n glinster in sy oë hê. Ek hou van ’n ware heer wat nog vir my deure sal oopmaak. Hy moet ook goedhartig wees en die geheelbeeld in gedagte hou,” was haar antwoord. Lees ook: Nadia gaan die boere se koppe laat draai

In Januarie 2015 kon sy regmerkies langs hierdie eienskappe maak toe sy en David hul vriendskap verder gevoer het.

Soos sy destyds gesê het: “Sien jy, ’n mens moet ’n kans waag. Drome word waar.”

* Nadia en David was oorsee toe kykNET die aankondiging maak.