Glenn en Buzz, 'n Staffordshire-bulterriër, was weggegooi toe hulle 'n paar weke gelede uit ’n seetonnel gered is. Die twee honde is tans by die Stray Aid Rescue Centre in Count Durham, in die noordooste van Engeland, en hulle wag nou albei vir ’n nuwe tuiste.

Buzz lei vir Glenn rond en hy sal hom selfs met sy neus na die regte bak toe aanpor as die Jack Russell uit die verkeerde een begin eet.

“Buzz dien as Glenn se oë en dit is soos die saak staan,” het Sue Bielby, ’n werker by Stray Aid, aan die BBC gesê.

“Glenn kry sy selfvertroue by Buzz, en as hulle selfs net vir 'n paar minute geskei word, blaf hulle albei en raak ontsteld, dus sal hulle saam na 'n liefdevolle huis toe moet gaan."

Bronne: elitedaily.com, metro.co.uk

Paws24