Simon het sy bevindings vandeesweek by die TEDSalon in Berlyn bekendgemaak. “Ek wou weet waarom mense Land A bewonder, maar nie Land B nie,” het Simon in ’n onderhoud met TED gesê.

Dié indeks wil bepaal hoeveel elke land op aarde bydra tot die planeet en die mensdom, verduidelik Simon op sy webtuiste.

Hy het die data in sewe kategorieë gebruik om elke land se bydrae te meet, naamlik wetenskap en tegnologie, kultuur, wêreldvrede en veiligheid, wêreldorde, planeet en klimaat, vooruitgang en gelykheid en gesondheid en welstand.

Uit die 125 lande beklee Ierland die topplek, met Finland en Switserland kort op hul hakke. Die Verenigde Koninkryk, België, Egipte, Duitsland, Ysland, Ierland en Spanje het elk ’n eerste plek in een van die sewe kategorieë behaal.

Suid-Afrika beklee algeheel die 44ste plek. In ons beste kategorie, naamlik wêreldvrede en veiligheid, beklee ons die 15de plek. Ons is 29ste in wetenskap en tegnologie, 31ste in wêreldorde, 56ste in gesondheid en welstand, 60ste in kultuur en 102de in planeet en kultuur. Wat die welvaart van ons inwoners betref, is ons op vier na laaste, naamlik 121ste.

KLIK HIER as jy die hele indeks wil sien.

Bronne: www.goodcountry.org, www.ideas.ted.com