Aktuarisse en webontwikkelaars volg kort op vertalers se hakke vir die topposisie.

Adzuna het verlede maand meer as 2 000 beroepe nagevors volgens 25 kriteria, onder meer werktoestande, betalingsvooruitsigte en werksekerheid.

Volgens die navorsing is die beste beroepe ook dié met die grootste werksekerheid en van die hoogste salarisse. Advertensies vir aktuarisse op Adzuma se webtuiste bied gemiddeld R565 000 per jaar, berig The Times.

Mariana Loots, ’n teksversorger en subredakteur by Huisgenoot, loop tans ’n kursus in literêre vertaling. Sy sê daar is heelwat uitdagings aan vertaling, soos dat jy gewoonlik min tyd het om jou werk te doen.

Tog geniet Mariana vertaalwerk omdat dit so uiteenlopend is. “Terwyl jy daar by jou lessenaartjie sit en werk, kan jy jou kennis oor talle onderwerpe uitbrei. Dis amper asof jy een bladsy op ’n slag by ’n nuwe wêreld ingenooi word.”

John Philips, ’n vertaler wat al 17 jaar by Huisgenoot werk, stem saam dat min tyd dikwels ’n uitdaging is. “Daar word dikwels van ons verwag om teen topspoed te werk. Om vir ’n weeklikse tydskrif te werk is nie grappies nie.”

Watter beroepe is onderaan dié lys? Huiswerkers, bou-assistente en joernaliste is van die slegste beroepe in Suid-Afrika. Heel onderaan die lys is mynwerkers.

Ander beste beroepe:

  • Rekenmeester
  • Siviele ingenieur
  • Argitek
  • Videospeletjie-ontwikkelaar
  • Grafiese ontwerper

Ander slegste beroepe:

  • Trokdrywer
  • Elektrisiën
  • Kelner
  • Pekelkok
  • Afvaltegnikus

Shané Barnard

Addisionele bron: www.adzuna.co.za