[caption id="attachment_167649" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die 34-jarige aktrise werk al vandat sy sewe was in die rolprentbedryf en het dus al baie met intieme tonele te doen gekry. Sy moes selfs al ’n hele klomp verfilm. In die nuwe fliek The Beguiled verskyn sy juis saam met Colin Farrell in ’n gewaagde toneel.

Baie vroue sal die kans aangryp om met die Ierse hartedief te kafoefel, maar Kirsten wou dit net verbykry.

Toe E! News haar vra wat sy gedink het tydens die verfilming van die toneel, was Kirsten se antwoord: “Ek hou nie hiervan nie, ek hou nie hiervan nie. Om eerlik te wees, ek dink iets soos ‘kom ons kry dit so gou moontlik agter die rug’. Ek is op die vloer en my klere word geskeur.”

Dit het darem gehelp dat Sofia Coppola (45) die regisseur is; dié het ’n ander benadering. Sommige manlike regisseurs sou “uit elke hoek foto’s wou neem.

“Sofia sê ten minste iets soos ‘ons gaan dit gou agter die rug kry; ons gaan dit eenvoudig hier verfilm; ons gaan drie skote neem en klaar,’ ” vertel Kirsten.

Colin (40) het self al ’n hele paar gewaagde tonele agter die rug. Hy het egter aan E! gesê hy probeer altyd tydens die verfilming van ’n prikkelende toneel om rekening te hou met die aktrise se gevoelens.

“Dis moeiliker vir vroue,” het hy aan E! gesê. “En in die geskiedenis van die bioskoop het mans vroue meer seksueel uitgebuit as andersom. In al die liefdestonele waarin ek al was, het ek net gedoen wat my vroulike medester wou hê. Die vrou behoort alleen die baas te wees in hierdie soort tonele – wat sy ook al nodig het om haar op haar gemak te stel en haar die vryheid gee om die werk te doen wat van haar vereis word.”

© Cover Media