Sy ouers is van die rykste glanspaartjies in Brittanje, maar dit keer nie Victoria en David Beckham se oudste seun om ’n naweekwerkie te kry en sy eie geld te verdien nie.

Die 15-jarige Brooklyn werk deesdae naweke by ’n koffiekroeg in Wes-Londen as ’n kelner en verdien sowat R47 per uur.

’n Bron na aan die gesin het verklap Brooklyn se ouers het hom aangemoedig om die werk te kry en dat hulle hom die waarde van geld wil leer.

Een van die koffiekroeg se werknemers het gesê Brooklyn se eerste paar skofte het goed afgeloop en dat hy goed oor die weg kom met die ander baristas.

Aanhangers van die gesin het die Beckhams en hul seun op Twitter geprys en gesê dit is verblydend dat selfs superrykes soos die Beckahms se kinders hul eie potjie moet krap.

Bron: Mail Online