Die tenniswêreld konsentreer van Maandag af op die Australiese Ope, die eerste van die vier Grand Slams. Die Australiese Ope, wat gestig is in 1905, word naas die Amerikaanse Ope die meeste bygewoon.

Mans

  1. Rafael Nadal
  2. Novak Djokovic
  3. David Ferrer
  4. Andy Murray
  5. Juan Martin del Potro
  6. Roger Federer

Vroue

  1. Serena Williams
  2. Victoria Azarenka
  3. Maria Sharapova
  4. Li Na
  5. Agnieszka Radwanska
  6. Petra Kvitova

Die enigste Australiese speler wat gekeur is, is Samantha Stosur, op nommer 17. Almal se gunsteling-Serwiër, die verdedigende kampioen, Novak Djokovic, sal sy titel wil behou. Victoria Azarenka sal haar voormalige posisie as nommer een wil terugkry. Roger Federer, wat 17 Grand Slams agter sy naam het, sal nog een wil byvoeg.

Die toernooi word gespeel van Maandag 13 Januarie tot Sondag 26 Januarie.

Bronne: ABC news, Business Standard, Yahoo Sports

- Megan Bursey