Daar is altyd iemand wat kyk!

Deesdae moet jy maar op jou hoede wees wat jy aanvang want 'n selfoonkamera mag dalk net jou doen en lates vaslê - en siedaar! jy's die volgende YouTube-'ster'.

Soos hierdie niksvermoedende jong man wat aan sy motor werk en dan die domkrag beetkry...