Diere kan nou wel gewoond wees van die weerkaatsing van hul gesig in die water, maar hulle het nogal geskok gelyk om ’n lewensgroot weergawe van hulself teë te kom. Xavier het die kameras in veiligheidskaste versteek en het bewegingsensors opgestel wat die kameras sou aanskakel wanneer daar diere naby die spieëls kom.

Die resultate van hierdie “sosiale eksperiment” is verstommend. Die beeldmateriaal toon hoe die verskillende dierespesies op verbasend uiteenlopende maniere op hul weerkaatsing reageer.

’n Trop ape geniet ’n goeie ou poseersessie, terwyl ’n olifant net in die verbygaan na homself loer en dan aanbeweeg.

’n Aggressiewe silwerrug-gorilla bestorm sy spieëlbeeld, hy voel duidelik bedreig deur sy formidabele “teenstander”.

’n Nuuskierige luiperd kap desperaat na die spieël, terwyl ’n ander die affêre ondersoek, duidelik oortuig daarvan dat hulle gekul word.

Ten spyte van die amusante eindresultate, gee Xavier toe om die natuur netjies en aan die kant te hou het nogal uitdagings gebied.

“Ek moes die spieëls was waar luiperds en ape vetterige strepe gelaat het en ook die spore van bloed en uitwerpsels afwas waar insekte die oppervlakte getref het sonder om te besef het dat dit weerkaats.

“Om onderwerp te word aan die kleiner soorte wildlewe in Afrika was ook ’n uitdaging,” het Xavier gesê. “Ek en my vrou het baie lang dae op die terrein deurgebring en ons is dikwels deur verskillende soorte vlieë en bye aangeval.”

Kyk na die boeiende video hieronder:

BRONNE: mirror.co.uk, YouTube.com