Manlief Adriaan het ook nie agterweë gebly om sy vrou met haar 28ste verjaardag geluk te wens nie. “My vroutjie, ek admireer elkeen van jou baie goeie kwaliteite, veral jou onuitpitbare positiewe uitkyk op die lewe! Jy is werklik n Spreuke 31 vrou! Trots op jou en opgewonde oor die toekoms,” sê hy.
Werner Wessels, die mens wie ons land se mooi vroue in die pragtigste uitrustings optooi, kan nie uitgepraat raak oor hoeveel hy vir Melinda omgee nie. Dis mos wonderlik as jou vriende só oor jou voel.
Op 1 Mei kon die sprankelende Mej. SA (2011) en deesdae ook televisie-aanbieder skaars haar opgewondenheid oor die groot verjaardagmaand beteuel.