ramey-ongeluk Hy het die nuus vanoggend op Facebook gebreek: “Môre almal. Aan dié wat al gevra het, ek is oukei. Baie dankie vir die boodskappe; ek weet net nie hoe die nuus so vinnig versprei nie. “Ek was gisteraand op pad huis toe in ’n ongeluk betrokke. Die polisie het ’n trop perde (in die teenoorgestelde rigting) uit die pad probeer kry en dit was baie donker toe die perde van my regterkant af voor my motor inhardloop; ek het drie perde doodgery.

'Die lewe is kort; maak reg wat verkeerd is.'

"Dit kon baie erger wees, maar gelukkig is die perde bo-oor my motor en nie deur die voorruit nie. Die polisie het alles gesien, en ek moet sê Paarl se polisie was regtig goed – baie dankie vir alles en vir die genade van die Man van Bo. Ek het gelukkig niks oorgekom nie. Lekker dag aan almal!

“Die lewe is kort; maak reg wat verkeerd is en laat weet jou geliefdes en vriende jy is lief vir hulle.”

Hy het ook die foto van sy beskadigde motor by die inskrywing geplaas. Ramey was onlangs in die nuus toe dit aan die lug kom dat sy Binnelanders-karakter, dr. Quinton Meyer, uit die kykNET-sepie geskryf is.

- Suzanne Venter