Maande lank weet ons dit eintlik al, maar die twee bekendes het tot nou toe nie die gissinge oor hul verhouding bevestig nie.

Maar The Weeknd en Selena Gomez het hul verhouding nou amptelik gemaak deur ’n foto van hulle saam op Instagram te plaas. Die popsterre word sedert Januarie romanties verbind. The Weeknd (27) het egter eers onlangs ’n foto op sy Instagram-profiel gepubliseer waarop Selena (24) hom passievol soen.

A post shared by The Weeknd (@theweeknd) on
Die stomende prentjie het heelwat steun van bewonderaars ontlok; hulle het met oulike boodskappe gereageer. “Heng, dis wonderlik!” het een bewonderaar geskryf: “So bly vir julle albei.”

A post shared by The Weeknd (@theweeknd) on

The Weeknd, wie se regte naam Abel Tesfaye is, en Selena is ook onlangs saam opgemerk by ’n vriend se partytjie. Volgens E! News het die paartjie verlief gelyk terwyl hulle die Kanadese rapper Belly se 33ste verjaardag gevier het. Dié sterbelaaide partytjie is in Los Angeles gehou, en mense soos Drake, Amber Rose, Ashlee Simpson, Big Sean, French Montana en Tyga was onder die gaste.

A post shared by Selena Gomez (@selenagomez) on

“Selena en The Weeknd was baie oulik en ontspanne,” het die bron gesê. “Hulle het saam by ’n vuurput gesit en was nooit weg van mekaar nie. Hy het haar voorkop gesoen en haar hand vasgehou. Hulle het niks gedrink nie, net pizza geëet en gesels. “Mense het behoorlik gekuier, maar Selena en The Weeknd het werklik onder die radar en eenkant gebly. Hulle het ’n bietjie gedans en hand aan hand rondgeloop. Hulle het selfies geneem en was liefdevol met mekaar. Hulle was werklik op mekaar gefokus en het baie ernstig en verlief gelyk.”

Die bron het bygevoeg: “Die partytjie het tot laatnag aangehou. Kort voor dit verby was, het hulle ’n koek vir Belly uitgebring. Selena en The Weeknd is daarna huis toe. Die meeste mense het eers ná 03:00 geloop.”

© Cover Media