Die onbekende gebruiker het foto’s van boodskappe op sy pa se foon op die internetforum 4chan gedeel en gesê dis ’n gesprek tussen sy pa en sy meisie.

“Ek het pas uitgevind my meisie het by my pa geslaap. Hy’t sy foon by die huis gelos terwyl hy by die werk was,” het hy by die foto’s geskryf.

“Daar word in al die boodskappe bespreek dat sy sy ‘stoute geheimpie’ is. Daar is kaalfoto’s en alles. Wat doen ek? Ek’s gebroke.”

[caption id="attachment_114963" align="alignnone" width="600"]Foto: Imgur Foto: Imgur[/caption]

Lees ook: Verkulde vrou se snydende brief aan man se minnares

In die gesprek stuur sy pa vir sy seun se meisie die boodskap: “Is jy oukei, pragtig?” waarop sy antwoord: “Ons behoort nie eintlik te praat nie.”

Hy antwoord met: “Ek weet, liefie, maar ek kan nie ophou dink aan jou of gisteraand nie xxxx” voor hy haar vra om vir hom ’n kaalfoto te stuur. En sy stuur dit.

[caption id="attachment_114964" align="alignnone" width="600"]Foto: Imgur Foto: Imgur[/caption]

Nadat hy die eerste foto’s gedeel het, het hy die nuuskierige aanlyn gemeenskap weer ingelig oor die nuutste ontwikkelings. “Ek was op die foon om die situasie aan my ma te verduidelik. Moes die foto’s op my rekenaar aflaai. Jammer vir die slegte gehalte daarvan.”

Hy’t beloof om hulle op die hoogte te hou terwyl hy sy meisie op Facebook Messenger konfronteer. Sy het eers ontken dat sy weet waarvan hy haar beskuldig, maar later gesmeek om vergifnis.

Lees ook: Vrou kry brandende begeerte om verkuller te straf

“Dit was net een keer. Ek het vir jou gewag om terug te keer met **** en jou pa het langs my kom sit en ons het gesels en, ag, ek weet nie. Hy’t my gesoen en dit was net heel terloops. Ek sou jou daarvan vertel het. Jou pa is nie soos ’n normale pa nie.

"Dit het nie lank geduur nie. Jy weet dit beteken niks nie. Dit was ’n ongeluk en hy’t druk op my geplaas.

“Ek het jou so lief. Beantwoord my asseblief. Praat daaroor met my; ons kan dit oorkom.”

Dis onduidelik hoe die gesprek eindig.

Bronne: Imgur, MailOnline, Daily Mirror