Maar ná ’n skok oor diabetes het Carolyn Hartz van Perth, Australië, gesê dis nou genoeg – sy gaan haar verslawing aan suiker oorkom.

En vandag het die 70-jarige vrou ’n lyf waarvoor die meeste vroue die helfte jonger as sy omtrent sal moor. Sy skryf dit daaraan toe dat sy die afgelope 28 jaar ’n suikervrye dieet volg.

Die ma van drie en ouma van vier het ophou suiker eet nadat sy ’n skok oor diabetes gekry het. Sy sê dit was moeilik toe sy haar nuwe leefstyl begin volg, maar sy hou nou al amper drie dekades daarmee vol.

“Dit was eers moeilik, want ek was ’n suikerslaaf. Maar ek glo dit is een van die belangrikste redes waarom ek myself kon gesond en my lyf kon viets hou,” het sy aan Daily Mail gesê.

Carolyn, ook die stigter van The Sweetlife sê baie vroue dink dit is ’n onbegonne taak om ’n gesonde liggaamsvorm te behou nadat hulle kinders gehad het.

“Baie vroue ouer as 50 dink dit is nie moontlik om ’n redelike vorm en gewig te behou wanneer hulle 50 of ouer raak nie.

“Ek praat selfs met vroue wat in hul 40’s is en kinders gehad het en dink hulle kan nie weer die lyf van voor hul baba terugkry nie,” verduidelik sy.


This 68 year old nana can play with the best of them! #xylitol #nana #lovelife #fun #glutenfree #sugarfree A post shared by SweetLife (@sweetlifeaus) on

Maar hoe kry sy dit reg om daarmee vol te hou? ’n Positiewe ingesteldheid, goeie dieet en absoluut geen kullery nie.

“Ek sorg dat ek met elke maaltyd proteïen eet, veral ontbyt. Dit stuit die kosdrange.”

Sy sê ook dit is baie belangrik om jou nie te ontneem van die kos en drinkgoed waarvan jy hou nie, maar dat jy moet let op porsiegroottes. 

Haar twee topwenke vir vroue wat op hul beste wil lyk, het meer met hul houding en eetgewoontes te doen. 

“Ek is ’n optimis. Selfs wanneer uitdagings oor my pad kom, het ek geleer positief bly. Ek het myself afgerig om te onthou die glas is altyd half vol,” sê sy.

“Wees bly vir almal en moet jou nooit oor jou ouderdom bekommer nie. Moenie na die negatiewes luister nie; wees jouself. Houding is jou belangrikste bate. Die lewe is nie volmaak nie. Aanvaar dit en gryp dit met albei hande aan.” 

Bronne: Metro UK, Huffington Post, Daily Mail.