SplashData se 2015-uitgawe van hul jaarlikse lys van “swakste wagwoorde” is bekendgestel en die uitslag is kommerwekkend.

Lees ook: Twee derdes van Suid-Afrikaners ‘is verslaaf aan hul slimfoon’

Die lys, wat bestaan uit die miljoene gesteelde wagwoorde wat openbaar gemaak is, toon baie mense gebruik steeds wagwoorde wat maklik gekraak word.

Lees ook: Internetveiligheid: Jong mense word só maklik om die bos gelei

SplashData hoop die ondersoek sal wys hoe mense “hulself in gevaar stel van krakery en identiteitsdiefstal”.

Hier is van die algemeenste wagwoorde van 2015 in volgorde van gewildheid:

  1. 123456
  2. password
  3. 12345678
  4. qwerty
  5. 12345
  6. 123456789
  7. football
  8. 1234
  9. 1234567
  10. baseball
  11. welcome
  12. 1234567890
  13. abc123
  14. 111111
  15. 1qaz2wsx
  16. dragon
  17. master
  18. monkey
  19. letmein
  20. login
  21. princess
  22. qwertyuiop
  23. solo
  24. passw0rd
  25. starwars

Hier is wenke oor hoe jy ’n sterk wagwoord kan skep:

  1. Hoe langer, hoe beter. Probeer ’n wagwoord uitdink wat tussen 12 en 14 karakters lank is.
  2. Skommel dit deur syfers, simbole, hoofletters en kleinletters in te sluit.
  3. Probeer wegbly van voor die hand liggende woordeboekwoorde.
  4.  Moenie jou persoonlike inligting gebruik nie. Verjaardae is swak wagwoorde.

Bronne: howtogeek.com, prweb.com