1. Brangelina se asem

’n Glasbotteltjie met Brad Pitt en Angelina Jolie se “asem” is teen meer as R6 000 verkoop. Die “asem” is glo deur ’n aanhanger op die rooi tapyt “opgevang”.

2. Justin Timberlake se Franse roosterbrood

Die helfte van sy Franse roosterbrood wat hy by ’n wegneemeteplek oorgelos het, is teen net meer as R36 100 verkoop.

3. Scarlett Johansson se gebruikte snesie

In 2008 het die aktrise ’n sneesdoekie gebruik om haar neus te blaas op The Tonight Show. Dit het meer as R60 000 gehaal op eBay.

4. Hugh Laurie se kruk in House

Die kruk wat in die eerste episode van die gewilde TV-reeks gebruik is, is teen meer as R95 000 verkoop.

5. Britney Spears se gekoude kougom

Tien jaar gelede het iemand R160 000 betaal vir die sangeres se gekoude kougom.

6. John Lennon se tand

Die bekende sanger se tand is teen net minder as R360 000 verkoop. Hy het die tand destyds ná ’n tandartsafspraak aan sy huishulp gegee.

7. Justin Bieber se hare

’n Aanhanger het R466 000 vir ’n lokkie van die sanger se hare betaal.

8. Marilyn Monroe se x-strale

’n Aanhanger het meer as ’n halfmiljoen rand opgedok vir drie x-strale wat geneem is voor Marilyn se operasie vir endometriose.

9. Verlore Charlie Chaplin-film

’n Onbekende film van sewe minute wat in 1917 verfilm is, is teen meer as R1,1 miljoen verkoop.

10. Michael Jackson se vuil onderbroek

Vir net onder R11,5 miljoen sou jy die onderbroek kon besit wat in een van sy molesteringshofsake gedien het as getuiestuk.

Bronne: businessinsider.com, smosh.com, cosmopolitan.co.uk