1. Michael Jackson se onderklere

’n Paar van Michael Jackson se onderbroeke is al op eBay verkoop vir miljoene rande.

2. ’n Dorp: Bridgeville, California

As jy effens verward voel hieroor, dink net hoe moes die sowat 25 inwoners gevoel het. Die hele dorp is al twee keer binne drie jaar op eBay verkoop. Die verkoopprys was R19 miljoen.

3. ’n Denkbeeldige vriend

Ja, jy lees reg. ’n 27-jarige man het gevoel hy raak nou te oud vir sy denkbeeldige maatjie, Jon Malipieman en het dit toe goedgedink om hom te verkoop vir R30 000.

4. ’n Spook in ’n houer

’n Man het dit reggekry om ’n spook op eBay te verkoop vir R500 000 omdat die spook hom glo geterroriseer het.

5. ’n Man se hele lewe

’n Britse man het sy hele lewe verkoop vir R3 miljoen. Die veiling sluit sy huis, motor, werk en vriende in.

6. ’n Baba

’n Egpaar het hulle baba as ’n grap vir R20 op eBay verkoop. Maar dit was minder snaaks toe die kindersorg die baba vat en hulle ondersoek word vir kindermishandeling.

Hulle het die baba darem eindelik teruggekry.

7. ’n Houer vol poepe

Hoekom self ’n windjie los as jy iemand anders s’n kan koop teen net R300?

8. ’n Advertensie op iemand se voorkop

Andrew Fischer van Omaha verkoop advertensieruimte op sy voorkop deur ondernemings se naam en slagspreuk daarop te laat tatoeëer teen ’n skamele R4 000 per maand.

9. Britney Spears se kougom

As jy ooit ’n bekende sien kougom kou, maak seker jy kry dit in die hande. Iemand het Britney Spears se kougom teen meer as R2 000 verkwansel.

10. Tydmasjien

As jy graag wil tydreis na die toekoms kan jy vir jou ’n tydmasjien op eBay gaan koop vir R200 000.