Tanishq Abrahams mik hoog. “Ek wil graag ’n wetenskaplike of die president van die Verenigde State word,” sê hy vasbeslote. “Ek sal die land gesonder en doeltreffender maak.”

Hy het tuisonderrig by sy ouers ontvang nadat hy ’n groter uitdaging gesoek het. “Hy het van kindertuinvlak gespring tot sowat gr. 3,” sê sy ma, Taji, trots.

“Wanneer jy my iets gee, duik daar inligting oor daardie onderwerp op,” verduidelik hy hoe sy brein werk. “Ek weet nie wat dit is nie, maar dit is hoe dit met my werk.”

Tanishq het ’n supernova ontdek deur ’n aanlyn astronomie-projek, Zooniverse.

Hy het sy hoërskooldiploma tydens ’n seremonie by die California Automobile Museum in Sacramento ontvang. Hy beplan om sy voorgraadse studie aan die American River-kollege te voltooi en dan volgende jaar aan die Universiteit van Kalifornië in Davis te studeer.

Tanishq se kleinsus is ewe skrander, en het ook op vier toelating tot Mensa gekry.

Hy hou van programmeer. “Ek hou van deeltjiefisika, al die antimaterie, die lot van die heelal en die Oerknalteorie.”

Hy mik verder as die beperkinge van die stratosfeer. “Ek wil graag ’n vuurpyl ontwerp wat vinniger as klank kan beweeg.”

Wat is Mensa?

Dit is die oudste en grootste vereniging vir mense met ’n hoë IK. Dit is sonder winsbejag en oop vir enigeen wat in standaard-IK-toetse of ander goedgekeurde intelligensietoetse die 98ste persentiel of hoër behaal.

Bekende lede

  • Die aktrise Geena Davis.
  • Martin Cooper, wat gereken word as die uitvinder van die selfoon.
  • Die akteur Nolan Gould, wat Luke in Modern Family speel.
  • Die akteur Michael Muhney, wat in Disconnect en Veronica Mars gespeel het.
  • Die aktrise Ashley Rickards, wat in One Tree Hill, Ugly Betty en Entourage gespeel het.

- Saamgestel deur Megan Bursey

Bronne: newsday.com, mensa.org.uk, wikipedia.org