So skryf die joernalis Piers Morgan, wat in die later jare van haar lewe goed bevriend met haar geraak het. 

“Soms was sy doodeenvoudig bedrieglik, veral wat haar handelinge met die media betref,” skryf hy vir Daily Mail.

Hy voer aan terwyl hy redakteur van The Mirror was, sou sy inligting aan hom verskaf en agterna die publikasie in die openbaar veroordeel omdat hulle die storie gepubliseer het.

Een van dié kere was toe sy by ’n privaat kliniek gepraat het oor haar stryd teen ’n eetsteuring

In 1992 het dit in Andrew Morton se boek Diana: Her True Story uitgekom dat Diana aan bulimie gely het. Daarin word ook vertel dat sy die eerste keer in 1981 daarmee gesukkel en eers in die laat 1980's hulp gekry het.

Een van die pasiënte met wie Diana gepraat het, het The Mirror gekontak om te vertel wat Diana alles gedeel het omdat sy dit so inspirerend gevind het.

Morgan het Diana te goeder trou gekontak om van die oproep te vertel en Diana het gevra om die storie te sien. Sy het hom toe teruggebel en ’n uur gepraat oor wat daar gebeur het.

Morgan het haar meegedeel dat hy die oproep opneem. 

Hy het die geredigeerde weergawe daarvan weer vir haar gestuur en sy het gereageer deur te sê dat sy “baie gelukkig en dankbaar” is daaroor. 

Hulle het die storie gepubliseer sonder om haar direk aan te haal.

Die volgende oggend het sy ’n verklaring uitgereik oor hoe woedend sy is en die storie in The Mirror veroordeel en dat sy “diep teleurgesteld” is dat haar privaat gesprekke aan ’n koerant uitgelek is.

Morgan het haar gebel en gedreig dat hy die gesprek tussen hulle wat hy opgeneem het, sal bekendmaak. Haar assistent het hom daaraan herinner dat Diana nie dink hy dit sal doen nie, aangesien hulle so goed oor die weg kom.

Miljoene mense het die dokumentêr Diana: Our Mother, waarin die prinse William en Harry oor hul ma praat, Maandagaand op ITV gekyk.

Die prinse vertel onder meer hierin watter “prettige ma” Diana was en dat sy hulle aangemoedig het om so stout as moontlik te wees, maar net seker te maak dat hulle nie uitgevang word nie.

Bykomende bron: Mirror-mirror.org, Mail Online