Volgende jaar is die 20ste herdenking van prinses Diana se dood op 31 Augustus 1997 in ’n motorongeluk in Parys.

Haar seuns, prinse Harry (31) en William (33), is reeds besig om die herdenking haarfyn te beplan.

Die tydskrif Hello! berig die koninklikes beoog om ’n nuwe gedenktuin aan te bring en planne is reeds onderweg. Die tuin sal by die Kensington-paleis opgerig word om hulde te bring aan wyle prinses Diana.

Historic Royal Palaces is ’n liefdadigheidsorganisasie wat na die meeste van die ikoniese terreine in Brittanje omsien en nou ook die Kensington-paleis.

Lees ook: Kyk: 7 koninklike kleingoed sal jou hart vermurwe

Die organisasie is hard aan die soek vir ’n span om hulle te help en werknemers kan op hul webtuiste aansoek doen.

’n Betroubare bron van die paleis het bevestig prins Harry en prins William sal te alle tye by die goedkeuringsproses betrokke wees.

Die nuwe gedenktuin sal glo omtrent blom van wit rose – een van prinses Diana se gunstelingblomme. Dit sal naby die huidige gedenktuin opgerig word en daar sal ’n uitstalling in die paleis wees waar die twee mans grootgeword het om die 20 jaar-herdenking te vier.

Lees ook: Foto’s: Prins George se eerste dag by kleuterskool

Prins Harry vertel in ’n onderhoud met Good Morning America hoe sy ma ’n inspirasie vir sy liefdadigheidwerk is.

“Ek hoop sy kyk af met trane in haar oë en is trots op dit wat ons gevestig het,” vertel hy.

BRONNE: hellomagazine.com, www.express.co.uk, abcnews.go.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Fotograaf praat oor die oomblik toe leeus sy GoPro-kamera steel en selfies begin neem!

Kyk: Elfjarige rakker se pretrit eindig agter tralies

Kyk: Jack Parow se dogter kappit yt op pa se musiek

Adele se halfbroer maak hart oop oor hul ‘moeilike’ verhouding