’n Drukkie en ’n koppie rooibostee.

Dit maak die maak die Kaap weer Hollands in Diaan Lawrenson en haar man, Jody Abrahams, se huis wanneer die paartjie mekaar verkeerd opvryf.

"Die drukkie werk," sê Jody met 'n groot glimlag. "Die drukkie is die antwoord op alles."

[caption id="attachment_121245" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

Ons gesels met Diaan en Jody na hul vertoning van Klein Jakkalsies by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn. In die vertoning beeld die paartjie wat al vir sowat twaalf jaar saam is en twee daarvan getroud, is die tipiese fases en onderonsies uit wat mense in verhoudings beleef.

Lees ook: Vyf dinge waarvoor mense nie begroot nie omdat hulle vergeet

"Jy sê net 'ja' en 'ek is jammer'," skerts Jody toe Huisgenoot hom pols oor sy beste verhoudingsraad. "En dan gee jy vir haar die drukkie en die koppie tee."

[caption id="attachment_121246" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

Die akteurspaartjie was al tevore saam op die verhoog, maar se hulle geniet dit veral om Klein Jakkalsies te doen, omdat dit vir mense wys dat almal maar met dieselfe dinge in verhoudings spook.

[caption id="attachment_121248" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

"Almal gaan deur die eb en vloei," sê Diaan. "Die op en die af en almal het maar goedjies wat hulle probeer uitsorteer. Maar ek dink op die ou end sal mens alles kan uitsorteer as jy net praat en goed kommunikeer."

[caption id="attachment_121247" align="aligncenter" width="600"]Foto: Peet Mocke Foto: Peet Mocke[/caption]

Help dit die akteurspaartjie se huwelik om in dieselde bedryf te wees?

"Ek dink met sekere goed is dit makliker," sê Diaan. "Ons verstaan wat die bedryf vereis van jou. Maar dit maak nog steeds nie dat daai klein verhouding goedjies makliker nie. Ons verstaan mekaar se ure. Jody skiet partykeer regdeur die nag. Ek het lang ure by die Laan. Maar die normale klein goedjies (wat kan krap in ’n verhouding) bly dieselfde.

Lees ook: Kyk hoe word die nimlike Tobie Cronjé in die nare Juffrou Rottenmeier omtower

"Soos as jy voel dat jy nou al vir die derde aand in ’n ry alleen met die kinders by die huis was."

So gepraat van kinders. Waar is Olivia-Rose en Thomas wanneer Diaan en Jody hul passie op die verhoog uitleef?

Hulle reis dikwels saam wanneer hulle weg van die huis af moet werk, maar die keer kuier hulle by Diaan se ouers, Philip en Tertia Luntz in Johannesburg.

Lees ook: Kyk: Huisgenoot vier 100 jaar by die KKNK

"As ons in die Kaap toer kom hulle gewoonlik saam, want Jody se ouers woon daar. Maar Olivia het nou graad nul begin en die skool is nogal baie streng met die ure en tye. Ons is baie huisvas, so dit is erg. Hier teen Woensdag kry mens ernstige onttrekkingsimptome."

Jody glimlag skalks en se hy het klaar onttrekkingsimptome.

Diaan sê dit is veral moeilik, aangesien haar broer onlangs ’n babadogtertjie gekry het en Olivia vir haar niggie gaan kuier.

"Sy is  nou n groot niggie en hulle stuur net foto's. Dit is vir my baie erg vir my."

- Marelize Potgieter

Ook op Huisgenoot.com

Mynie Grové en Karen Zoid gee die lied ‘Sweef soos ’n arend’ nuwe vlerke

Jay vier 20 jaar in die musiekbedryf; en gesels oor daai val . . .

Kokkedoor-wenners gee raad en sê hoe jy die groot familie oor die Paastyd moet onthaal

Só vier SA bekendes soos Elvis Blue, Johan Stemmet en Rina Hugo Paasfees