Maar sommige voornemende skenkers in Brittanje het per ongeluk hul donasie aan die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) gemaak. Om geld vir kankernavorsing te skenk moet Britte ’n SMS met die woord “BEAT” na ’n sekere nommer stuur. Maar wanneer ’n SMS met die sleutelwoord “DONATE”  aan dieselfde nommer gestuur word, kry Unicef dit.

Mike Flynn van Unicef in die Verenigde Koninkryk sê dié organisasies werk saam om die geld wat verkeerdelik geskenk is, oor te plaas sodat dit na kankernavorsing gaan. “Unicef is nie verantwoordelik vir hierdie fout nie, maar ons werk hard aan ’n oplossing.”

In ander gevalle het sommige voornemende skenkers by die Wêreldwye  Natuurlewefonds inligting aangevra oor hoe ’n mens ’n ysbeer “aanneem”. Dié organisasie vermoed dis omdat sommige selfone se woordebvoek outomaties “beat” na “bear” verander het.

Ondanks dié misverstande het die selfie-beweging al meer as R300 000 ingesamel vir kankernavorsing in die Verenigde Koninkryk.

Bronne: heraldlive.co.za, dailytelegraph.com