[caption id="attachment_60796" align="aligncenter" width="600"]abuse European Parliament via Compfight cc[/caption]

NEO RAMAGLOTI is in Botswana gebore. Sy het saam met haar man Rustenburg toe getrek waar hy op die myn gewerk het.

Sy het die tekens van mishandeling vroeg in hul verhouding raakgesien maar gedink dit sal beter word namate die tyd aanstap – soos alle mishandelde vroue aanvanklik dink.

Hy was ’n jaloerse minnaar en een dag het hy in die hitte van ’n argument paraffien oor haar uitgegooi en dit aan die brand gesteek. Neo het derdegraadse brandwonde oor haar hele lyf opgedoen.

Sy het hom laat aankla en hom verlaat. Met haar vernielde liggaam is sy terug Botswana toe, waar sy gehoop het haar gemeenskap en familie sal haar ondersteun. Weens haar beserings kon sy nie meer werk nie.

Neo se storie is ’n klassieke voorbeeld van hoe die stelsel nie misbruikte vroue ondersteun nie. Ná ’n ruk het hy teruggekom, soos die meeste mishandelaars doen, om verskoning gevra en sy onsterflike liefde aan haar bely.

Sy is ’n vrou. Sy is die ma van sy kinders. Hoe kon sy nie emosioneel geraak gewees het deur sy bekentenis nie? Sy het hom teruggenee. Twee jaar later het hy haar vir ’n ander vrou verlaat het nie, iets wat niemand behoort te verbaas nie.

Neo het nie ’n ordentlike werk nie en sukkel om haar kinders te onderhou. Sy is stadig besig om haar lewe weer op te bou, beginnende by haar selfbeeld.

As jy na haar kyk, wil jy in trane uitbars. Die beste plastiese chirurg in die wêreld sal ooit kan regmaak wat hy aan haar gedoen het nie. Ek wens ek het Neo geken voor sy hierdie letsels opgedoen het sodat ek haar kon aanmoedig om uit die verhouding pad te gee. Sou ek daarin geslaag het? Ons kan maar net probeer . . .

Ek wens mense kon Neo sien en hoe beeldskoon sy voor die brandwonde was. Sy verdien ’n beter lewe nadat hare deur een man verwoes is.

Zelda

 Zelda picSMALL  Zelda  la Grange blog tot 10 Desember elke weekdag  vir ons tydens die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Dié bekende en gewilde vrou werk steeds as Madiba se persoonlike assistent vir die Nelson Mandela-stigting en hou ook motiveringspraatjies. Sy is aktief betrokke by projekte soos Bikers for Mandela Day en Sisters with Blisters in haar rol as beskermvrou van die 1st for Women Insurance-trust. Een van haar lewensdoelstellings is om SA vroue te help bemagtig.