Is jy in ‘n verhouding? En is een van julle oorgewig?

Ons is op soek na Afrikaanse paartjies om deel te wees van 'n nuwe Media24-werklikheidsreeks waar die een maat se rol is om die vetjies af te skud... en die ander om hulle te ondersteun.

Ons hou eersdaags oudisies vir hierdie 12-weke uitdaging wat beloof om weer julle romanse te laat blom.

Stuur onlangse fotos en 'n kort beskrywing van jul persoonlikhede aan DikenDun@redpepper.co.za.

Die fynskrif:

  • Deelnemers moet Afrikaans kan praat.
  • Gebaseer in Gauteng, so as julle van ver is, is die vervoer vir julle eie rekening.