“My meisiekind, asseblief laat weet ons waar jy is as jy die boodskap sien.”

[caption id="attachment_174237" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Etresia van der Westhuizen hoop dié woorde wat sy op Facebook geskryf het, sal haar hoërskooldogter bereik en oortuig om huis toe te kom.

Marchain Mulder (17) word al langer as ’n week vermis.

Sy is verlede Maandag omstreeks 15:00 die laaste keer gesien toe sy van die Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria-Noord huis toe gestap het.

“Sekondes word minute. Minute word ure. Ure word dae. Dae word nou al ’n week,” skryf die bekommerde ma.

“My meisiekind, asseblief, laat weet ons waar jy is as jy die boodskap sien. Ons almal is oneindig baie lief vir jou en jy is baie spesiaal.”

Nadat Marchain vermis geraak het, het Etresia aan Huisgenoot.com gesê haar dogter se verdwyning was baie onverwags.

“Ons het die afgelope naweek so lekker saamgekuier. Ons het selfs op Moedersdag gebraai,” het Etresia gesê.

Enigiemand met inligting oor waar Marchain haar kan bevind, kan ao. YT Baloyi van die Pretoria-Noord-polisiekantoor by 012-353-5600/5666 skakel.

missingtwe

Marchain is sowat 1,75 m lank met donker hare en blougroen oë.