? Jong man van Stellenbosch het in ? brief op die advertensiewebtuiste Gumtree uitgestippel hoekom hy die regte huurder vir ? woonstel in Kaapstad is. 

James de Villiers, ? derdejaar BA-student aan die Universiteit Stellenbosch, sluit in Desember as ? redaksie-intern by Media24 aan, maar die soektog na verblyf in Kaapstad het  ? tameletjie afgegee.

Toe wend hy hom tot die kuberruim. In die brief verduidelik hy hoekom hy die ideale huurder sal maak.

“Liewe toekomstige verhuurder,” begin hy sy brief.

“Hiermee wil ek graag aankondig dat aansoeke nou oop is om my verhuurder te word. Dit is ’n eenmalige geleentheid om die liefdevolste en ook die toekomstige medeaanbieder van Ellen en pop-ikoon te huisves,” verklaar hy.

“Al wat ek vra, is ’n klein landgoed aan die voet van Tafelberg waar ek soos Lana del Rey in ’n wit japon na die see kan staar; waar ek my dasse in ’n namaaksel van The Great Gatsby kan gooi en koffie uit ’n wynglas kan drink om my nie-alkoholiese kafeïenbehoeftes te bevredig,” skerts hy.

James, vanjaar die adjunkvoorsitter van die Studenteraad op Stellenbosch, sê hy het die idee gekry nadat ’n dosent ’n soortgelyke koddige brief aan hom gestuur het vir sy harde werk.

“Ek wou so ’n soort brief probeer skryf en my eie skryfwerk uitdaag. Gewoonlik slryf ek baie eng. My begeerte om so ’n brief te skryf en die begeerte om ’n woonstel te kry het albei bygedra,” sê hy.

Gumtree het eers die advertensie afgehaal omdat hulle gedink het dit is ’n foefie, maar hy het die advertensie weer geplaas en sedertdien is dit nog nie afghaal nie.

Het hy al ’n pondokkie aan die hange vaa Tafelberg gekry? 

“Nee,” sê James, “maar baie mense het positief geregeageer en gesê ek het hulle dag gemaak. Kom ons hoop en bid ek het teen Desember al ’n gewillige verhuurder gekry.”