Gereelde kykers van Binnelanders moes onlangs met ’n swaar hart afskeid neem van die geliefde karakter Daleen Jonker.

[caption id="attachment_119925" align="alignnone" width="600"]Desiré Gardner vertolk eersdaags die rol van Carmen in Suidooster. Foto: Verskaf Desiré Gardner vertolk eersdaags die rol van Carmen in Suidooster. Foto: Verskaf[/caption]

Desiré Gardner, wat die rol van Daleen byna agt jaar lank in dié sepie gespeel het, het in Desember van Johannesburg na Kaapstad verhuis om by die nuwe sepie Suidooster aan te sluit.

Lees ook: Vir Altyd verskuif grense ná hul meeste geld nog vir Afrikaanse fliek verdien

Die donkerkop het intussen ’n gedaantewisseling ondergaan en ’n vurige, borrelende blondine geword vir die karakter wat sy in Suidooster vertolk.

Desiré het Daleen afgeskud en Carmen het haar plek volkome ingeneem. Carmen is ’n rebelse vrou en die aangenome suster van Bianca Fourie. Sy is ’n binnenshuise versierder met ’n rebelse persoonlikheid wat maklik die mense om haar verkeerd kan opvryf.

Natuurlik gaan die manne van Ruiterbosch ook al te graag by haar vlerk sleep.

Carmen gaan die einde van vandeesmaand vir die eerste keer in Suidooster te sien wees, bevestig Wilmer Müller, publisiteitshoof by Suidooster Films.

Buiten die groot skuif van Johannesburg na Kaapstad, het Desiré ook die wonderlike nuus gedeel dat sy en haar man, Chris, hul tweede kind verwag. Sy is nou 20 weke swanger.

Chris werk ook agter die skerms by Suidooster as hoof van die tegniese afdeling en beligting.

Hul eersteling, James, word in Mei vier jaar oud.

Is sy skrikkerig vir al die veranderings wat nou in haar lewe plaasvind?

“Dit is presies wat ek nodig gehad het. Met die onsekerheid wat maar saam met verandering kom, was die seën van elkeen van die veranderings wonderlik,” vertel sy op kykNET se webwerf.

“Ek sien veral uit na die nuwe mensie wat nou vir ons geleen word. Ek sien so uit om hom of haar in ons lewe in te nooi.”

– Petrus Malherbe

Ook op Huisgenoot.com:

Grusame besonderhede oor Tokai-moord kom aan die lig

Karen Zoid en Anneli van Rooyen saam op verhoog – ‘ek is skoon benoud,’ sê Anneli

Aantreklike misdadiger gedoop ‘Hot Felon’ is slaggereed vir modelwees

Namibiese supermodel Behati Prinsloo en haar man, Adam Levine, verwag eersteling!