Dit was veronderstel om ’n onskuldige foto van Desire´ Gardner in ’n wit aandrok te wees wat haar skraal middeltjie wys. Maar toe bars ’n herrie op Binneland se Facebook-blad los oor die “anoreksiese” Daleen.

“Sy is pragtig, maar hemel! Sy is anoreksies. Wat is fout met haar?” wou Sandra Blignault weet. “Sy lyk pragtig, maar o wee, behoede my as ek net ’n sak vol bene is,” het Janine Venter laat hoor.

“Eet ietsie asseblief, jy is pragtig maar hopeloos te maer!” het Hannelie Muller gepleit.

“Die arme vrou is net vel en been,” het Jolene van Wyk geskryf. “Nee wat, Desire´, wees ’n rolmodel vir die jong mense. Slank is goed, geraamte nie so goed nie . . .”

Lees Loren Pienaar se onderhoud met Desire´ in Huisgenoot 24 Oktober 2013