Die aanval het by ’n hoërskool in die Spaanse stad Barcelona plaasgevind. Plaaslike media berig die seun het sowat ’n uur na aanvang van klasse by die skool opgedaag met tuisgemaakte wapen in sy rugsak versteek. Daar is ook onbevestigde gerugte van ‘n mes, ‘n BB-geweer en materiaal om ‘n petrolbom te maak, wat deel van sy arsenaal uitgemaak het.

Hy het ’n klaskamer binnegestorm en ‘n pyl op die onderwyseres afgevuur.

Hy het ’n klaskamer binnegestorm en ‘n pyl op die onderwyseres afgevuur. Sy is gering beseer. Haar dogter, wat in dieselfde klas was, is ook gesteek.

’n Verbygaande waarnemende onderwyser wat die aanval sien gebeur het, het ingestorm om te probeer help. Hy is noodlottig gesteek met ‘n ‘gelemde’ wapen.

’n Derde persoon, ook ’n skoolkind, word by ‘n nabygeleë hospitaal vir steekwonde behandel.

Klasmaats beweer nou die seun het net verlede week aan hulle gesê hy beplan ’n aanval waarin hy 25 onderwysers en homself wil doodmaak.

Niemand het dit ernstig opgeneem nie en gedink die seun maak ’n grap.

“Hy het nie probleme gehad nie, maar hy was ‘n bietjie van ‘n alleenloper. Ander studente sou op hom gepik het” het Paula Amayuelas gesê. Sy ken die seun.

Spaanse wetgewing bepaal kinders kan eers van 14 af verantwoordelik gehou word vir ’n kriminele oortreding. Daarom word die seun tans by ‘n psigiatriese fasiliteit aangehou waar hy sielkundige evaluering sal deurloop.

Bronne: Sky News; The Independent