Dit is nog nie bekend in watter skool hy ’n leerder was nie. Sy naam is nog nie bekend gemaak nie omdat sy familielede nog nie almal van sy dood ingelig is nie.

Teen agtuur vanoggend was die nooddienste en polisie van Mogale City reeds op die toneel by die hoek van Main Reef- en Chamdor-weg in Krugerdsorp. Dit is langs ’n brug waar die treinspoor Chamdor-weg oorsteek. Die polisie moes telkens van die treinspoor wegbeweeg om uit die pad van aankomende treinverkeer te beweeg, berig die Krugersdorp News.

Die seun is op die toneel dood verklaar.

“’n Geregtelike doodsondersoek is by die Krugersdorp-polisie geopen nadat ’n lyk van ’n skoolseun vanoggend op die treinspoor aangetref is,” het sers. Tshepiso Mashale van die Krugersdorp-polisie aan Huisgenoot gesê.

Sy het bevestig dat die seun by die trein uitegval het en nie op die treinspoor getref is nie. Mashale het bevestig hy was op pad skool toe om sy rapport te gaan haal.

Teen 11:20 het familielede van die seun steeds by die toneel gewag om sy liggaam te identifiseer, berig die Krugersdorp News.