Dit gaan ’n anderse troue wees dié van die oud-Springbok-rugbyspeler en sy sangeres-verloofde vroegsomer in die Kaapse wynland.

Glo hulle maar: Hulle hou van anders.

Derick Hougaard (29) en Karlien van Jaarsveld (26) breek graag weg van tradisie, en wanneer hulle op 23 of 24 November afhaak, maak hulle weer so.

Dit gaan verrassing op verrassing wees, belowe hulle.