Die voormalige Blou Bulle-held Derick Hougaard, beter bekend as Loftus se liefling, het Donderdagmiddag sy hart oopgemaak en hulde aan Joost van der Westhuizen gebring.

[caption id="attachment_120304" align="alignnone" width="598"]Joost van der Westhuizen en Derick Hougaard deel 'n glorieryke oomblik op die sportveld. Foto: Facebook Joost van der Westhuizen en Derick Hougaard deel 'n glorieryke oomblik op die sportveld. Foto: Facebook[/caption]

Hy het foto’s van hom en Joost op Facebook gedeel en het deur Huisgenoot ’n ope brief aan die voormalige Blou Bul gekryf.

Lees ook: Joost sê dankie vir lesers se pragtige boodskappe met spesiale foto van hom en sy kinders

“Joost het so ’n groot deel van my karakter gevorm en dis danksy hom wat ek geleer het om houe te vat,” vertel Derick aan Huisgenoot. “Hy is ’n ware legende en is eintlik Loftus se liefling.”

Derick meen hy het baie by Joost geleer terwyl hulle saam rugby gespeel het, maar ook na hulle tyd saam op die veld.

Hier volg sy ope brief aan Joost:

Beste Joost,

Ek onthou my kinderdae soos gister waar ek in die Boland op grasvelde rondgehardloop het; waar ek geglo het soos ’n kind en gedroom het soos ’n kind. Daar het ek gedroom van die groen trui oor my kop trek en ek was niemand anders nie as Joost van der Westhuizen.

Ja, ek het tot geleer om daardie gedetermineerde kyk op my gesig te openbaar as ek teen die berg na ’n denkbeeldige klok kyk en sien ons is agter met sekondes oor om te gaan!

Terwyl ander maatjies geglo het hulle is Superman of Batman, het ek vas geglo ek is Joost en hierdie wedstryd sal ek wen.

Min wetend dat hierdie denkbeeldige avontuur tog maar deel van my sou word. Die eerste wedstryd saam jou was vir my so groot dat ek myself ’n paar keer moes herinner dat hierdie nie ’n fantasie-droom is nie, maar die werklikheid.

Ek onthou so goed hoe rustig jy my kon maak. Ek het jou gevra waar jy die bal gewoonlik aangee van agter die skrum en jou antwoord was kort: ‘Derra, moenie bekommerd wees nie. Ek sal sorg dat die bal op ’n tiekie in jou hand land waar jy ookal hardloop.’ En so het jy my onwetend die geleentheid gegee om my spelpatroon te speel.

Tot vandag het ek en jy nooit een wedsryd saam verloor nie. En vandag besef ek jou waarde. Niks kry jou onder nie en dit het net te doen met die lens waardeur jy na die lewe kyk. Jy leef voluit, maak ’n verskil en gee nooit op voor die eindfluitjie blaas nie. Jy het deur jou siekte ’n tweede kans gekry en jy benut dit ten volle.

By jou het ek geleer dat slegte goed ook met goeie mense gebeur. Dis sleg en seer, maar ons is nie die enigstes nie. Almal kry seer en beleef terugslae, maar hoe ons dit hanteer, is deurslaggewend.

Jy is verseker een van die grootste Sport Hall of Fame-ers van alle tye. Jy het die woord “nalatenskap” ware definisie gegee: om iets agter te los wat groter is as net jyself.

Dankie my skrummie, my mentor en my vriend.

Derick "Derra" Hougaard

[caption id="attachment_120302" align="alignnone" width="600"]rt 'Tot vandag het ek en jy nooit een wedsryd saam verloor nie. En vandag besef ek jou waarde. Niks kry jou onder nie,' skryf Derick. Foto: Facebook[/caption]

– Joshua Carstens

Lees ook op Huisgenoot.com:

Wanhopige ouma se ope brief: ‘Help! My kleinkind is ’n bedorwe brok!’

Dis waarom jy nooit aartappels in die yskas moet hou nie

‘Ek hou jou dop!’: Man vind onheilspellende 15 jaar oue boodskap in sy kaggel

Massamoordenaar Anders Breivik kla oor ‘onmenslike toestand’ van sy tronksel

Sorina jubel in HOOFLETTERS! ‘Braambossie’ se sussie is hier

George-man kry 37 keer lewenslange tronkstraf ná hy dogter se maats verkrag

Het jy ’n fotografiese geheue? Net een persent van mense kan dié raaisel oplos!