Die Liefling van Loftus, Derick Hougaard, is ongeskeer. Hy lyk afgemat.

En weerloos, veral wanneer hy praat oor haar, Karlien van Jaarsveld, nou sy gewese verloofde. Malende gedagtes oor sy stukkende lewe wat nou weer gelap moet word, hou hom snags wakker. Hy het ’n tawwe tyd agter die rug.

Eers het hy en die gewilde sangeres van die trefferlied Jakkals Trou met Wolf Se Vrou die droomtroue uitgestel wat in November sou plaasgevind het.

Toe het sy, nadat hulle lank daaroor gepraat het, hul byna twee jaar lange verhouding verbreek.

Die verloofring wat hy in April aan haar vinger gesteek het, is teruggegee...