Die oudrugbyspeler Derick Hougaard is in die hospitaal met ’n maagseer.

Johnny Burger, Derick se woordvoerder het bevestig Derick word sedert Vrydag in ’n Kaapse hospitaal behandel. “Derick was in die Kaap vir besigheid en is toe daar opgeneem. Hy gaan binne ’n dag of twee ontslaan word,” het Johnny gesê. Lees ook: Derick Hougaard: ‘Bid dat ek sterk sal wees – sy kan trou voor die einde van die jaar’ Derick het Maandagaand vanuit sy hospitaalbed vir Kobus Wiese en Breyten Paulsen, sy mede-aanmede-aanbieders op Superrugby, getwiet hy mis hulle.

“Jammer ek drop julle vanaand. Hospitaalkos is nie lekker nie. Wens was eerder langs jul op die show,” het Derick getwiet.

Later het hy vir Kobus en Breyten getwiet dit voel of hy sy familie in die steek laat. “Hoop regtig julle mis my ook.”