’n Nuwe vriendskap blom tussen die sangsensasie Nádine en die Liefling van Loftus, Derick Hougaard. Die twee het mekaar vroeër vanjaar by ’n spa in Lynnwood ontmoet en so lekker gesels dat hulle daarna gaan koffie drink het. Sedertdien word Derick se Twitter-profiel oorheers deur twiets van Nádine wat hy aanhoudend deel.

'n Twiet wat Derick gedeel het.

Derick deel duidelik in Nádine se vreugde deur ook dié twiet van haar te deel.

Nádine se ma, Carine Crystal, wat ook as haar bestuurder optree, sê egter daar is net vriendskap tussen die twee. Nádine is die afgelope paar weke in Nieu-Seeland vir die musiekblyspel Joseph and The Amazing Technicolor Dreamcoat, en sal op 22 Mei terugkeer Suid-Afrika toe.

A post shared by Nàdine (@nadinenet) on

Sy was ook Hobbiton toe, die plaas buite Auckland waar dele van Lord of the Rings verfilm is.

A post shared by Nàdine (@nadinenet) on

Nádine het na ’n konsert van Cyndi Lauper & Blondie gaan kyk terwyl sy in Nieu-Seeland was.

Die pragtige sangeres wat al langer as 20 jaar in die musiekbedryf is, het verlede jaar swaargekry. Eers is sy en die Belg Hugo Foets wat ook haar bestuurder was, ná agt en half jaar uitmekaar en daarna het haar verhouding met die Olimpiese swemmer Gerhard Zandberg skipbreuk gelei.

Nádine in die strate van Christchurch.

Derick het nie op navrae gereageer nie en ons sal sy kommentaar hier bywerk.