[caption id="attachment_110477" align="alignnone" width="600"]In hierdie moeilike tyd skryf Derick hy wend hom nog gereeld na God om genade. Foto: Lubabalo Lesolle In hierdie moeilike tyd skryf Derick hy wend hom nog gereeld na God om genade. Foto: Lubabalo Lesolle[/caption]

“‘Daar is geen skaamte om ’n gebreekte man te wees nie,’ vertel ’n vriendin my vandag,” het hy op sy Facebook-blad geskryf.

Lees ook: Karlien van Jaarsveld maak hart oop in ope brief

Derick en Karlien is vroeg in Oktober 2015 finaal uitmekaar nadat hulle in Augustus aangekondig het hul paadjies gaan skei.

“Dit begin by ’n groot wilsbesluit,” skryf Derick verder. “Waar(by) ek nog sukkel om (uit) te kom.”

In hierdie moeilike tyd skryf Derick hy wend hom nog gereeld na God om genade. “Elke dag kry ons 24 uur se genade, elke dag!”

Die rugbyspeler sê hy beskou die pyn van sy egskeiding as ’n reis. “Ek beskryf dit as ’n journey, veral as dit nie jou hartsbegeerte was of is nie. Ons leer elke dag. Elke dag word goed aan ons geopenbaar. In dieselfde asem is ons verstaan van situasies soms anders hoe ouer ons word.” Lees ook: Derick Hougaard skryf hartroerende opebrief aan sy tweeling seuns Hy meen wyshede wat ’n mens van ander ontvang, kan net waardevol wees as jy dit elke dag self toepas. “Kom ons probeer,” het hy geskryf. Op Twitter het hy ook gesê die stryd met jouself is die grootste een wat jy ooit sal stry.

Is jy 'n geskeide man of staan jy 'n geskeide man by wat deur 'n emosionele tyd gaan? Hoe het jy/hy gemaak om die stukke op te tel? Deel jou storie met ons by web@huisgenoot.com.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Nepalese passasiersvliegtuig stort op gevaarlike roete neer

Is Daniel Craig klaar met Bond?

Dapper kankerlyertjie skitter op New Yorkse modeplank

Het jy sonde met die bure? Hier’s raad

Afrikaanse sangeres sterk aan ná groot knieoperasie

Wat jy alles moet weet oor meningitis-uitbreking op Mosselbaai

’n Fotoverhaal: Legendariese ‘prentjiemaker’ Jans Rautenbach vier 80