[caption id="attachment_119560" align="alignnone" width="600"]Derick Hougaard (Foto: Luba Lesolie) Derick Hougaard (Foto: Luba Lesolie)[/caption]

“Met ’n persverklaring en oproep van my Pa (het ek) gehoor ek skei. Net nog ’n vraag,” sê hy. Derick sê in sy lang inskrywing dat hy nog nie eers in ’n ander vrou se rigting kan kyk nie en dat hy bid om sterk te wees en net afsluiting wil hê.

HIER VOLG DERICK SE VOLLEDIGE BRIEF

Die naakte waarheid maak jou bang. Want soos enigiets ongelukkig, het dit sy backlash en sy terugslag. Maar vir die wat moeg is vir my en Karlien se storie, sluit asb. aan by my support group.

Want ek voel ook so.

Ek is moeg in tydskrifte gewees. En moeg om 'n smartvraat genoem te word.

Net omdat ek eerlik is en my droom vrou verloor het en alles wat daarmee saamgaan. My hartsbegeerte om saans tuis te kom en iemand wag vir my en my kinders spring in my arms, is gesteel.

So nou vir die realiteit.

Dis weg, dis klaar, dis nie die lewe waaroor ek gedroom het nie. Maar oor een ding is ek seker: Jy maak 'n boek oop en dan moet jy hom toe maak . . .

En nie in Huisgenoot of 'n tydskrif nie, in my eie woorde en uit my eie hart. En kan probeer taai klink, lieg of maak of alles ok is. Maar vir wie lieg ek, behalwe vir myself.

Net om perspektief te gee aan my laaste brief rakende ons flop.

Vir die argument kom ons maak of ek die slegste man is wat nog ooit op Suid Afrika se bodem geloop het. Tyd uit die pad.

Ek het seer, ja!! Ek het trauma ervaar. My hart was nog nooit so seer nie!!

Sy is die beste ding wat met my gebeur het, maar wat die slegste geëindig het.

Ek het meer vrae as antwoorde. Of eintlik net vrae en nul antwoorde.

Want alles regverdig moet word.

Ek mis haar Elke dag. My lewe het verander. Het vriende verloor en mense bygekry wat deur bullshit kan sien.

En ja, ek bid saans nogsteeds vir 'n wonderwerk om my gesin in my huis heel te hê met net liefde. Ons het pragtigste twee seuns. En het in drie jaar alles verloor wat vir my belangrik was...

En dan bid ek ook dat ek sal sterk wees. Want sy kan trou voor die einde van die jaar.

Waar ek nog nie eers nugter na 'n meisie se kant kan kyk nie. Ek het gevoel sy is my mens. En dinge in my wakker gemaak wat net Karlien kon. Sy het my voor die kansel gekry. Al voel ek gebruik, verwerping en dat my selfbeeld uit skaamte nooit sal herstel nie, ek wens net vir closure, en antwoorde op my vrae. Reine waarheid, sonder bullshit. Dat alles waarvoor ek gewerk het is binne drie maande net so goedkoop vir 'n ander ou gegee word. Ek weet met watter kop hy dink en dis nie die regte een nie.

Maar vir haar, as ek liefde bedoel(sic), wens ek sy maak die regte besluit vir haar en vind geluk.

En dan is my grootste vrees dat 'n ander man in my plek in die huis is, is 'n realiteit en 'n waarheid waarmee ek moet deal.

Niemand gaan dit vir my doen. Al probeer my vriende hoe hard . . . Ek wil selfsugtig wees en my kinders 'n voorbeeld gee van liefde wat hou.

Al is my begeerte 'n dogter, is dit ok. Sy is by Jesus.

En ek wil my seuns nie in 'n sirkus grootmaak nie. Hulle moet weet. Ek is net hul pa en hul veilige plek. Sover ek kan wees. En vir solank as wat ek kan. En ek hoop hulle kan leer uit my foute.

Volgens my en vir my het ek die mooiste vrou in die wêreld verloor.

En dalk vir res van my lewe SAL ek so voel. Maar dis OK. Want ek glo tog, al was dit 'n dag, sy was myne. Ons kon 'n unstoppable span gewees het. Maar ons gaan nie. Twee jaar getroud wees, is die lafhartigste ding, in my boek, wat kan bestaan.

My kinders kon nog nie eers sien hoe lief ek hul ma het nie. En dit is klaar weg.

Sy het gesê ek het die hart van 'n held en Derick, vir jou SAL ek liefhê tot die dag van my dood. Dit kon so gewees het.

Ek moet vinnig 'n legacy los, want my dae as smartvraat is getel.

Maar ek wil altyd net vir my seuns daar wees.

Ek het Eliah en Daniël baie lief. Ek is jammer julle, dat ek nie julle ma kon laat en verlief bly op my nie.

Kom ons gebruik die ergste woord ooit: "obsessie". Dalk!!!

Ek het 'n obsessie gehad om op ons stoep te sit op 82 en julle kinders te sien speel en na jou ma te kyk en sê: Dit was nie altyd maklik nie, maar ons het gewen.

Ons kinders se raamwerk waarna hul kyk, sit hul op vir sukses. Want ek het jou liewer as myself. En SAL dood vir jou.

Alles is te laat.

Maar ten minste ken jy my hart. En help my om bo-alles die kinders se enigste invloed en pa sal wees . . .

nou mag jy wonder hoekom beweeg jy nie net aan nie?

Want daar is nie 'n manual vir mense wat sukkel om sulke situasies te hanteer nie.

Ek het my vrou en seuns Vrydag by die lughawe afgelaai ná 'n week op vakansie. En hul was nog nooit weer terug in my huis nie. Moet ek dit verstaan?

Met persverklaring en ooroep van my Pa gehoor: Ek skei.

Net nog 'n vraag.

Sy het gesê Jesus het gesê ons huwelik het dit klaar gemaak. Ons moet net vasbyt. Sy is uit my rib gemaak. Drie maande later (is daar 'n) nuwe ou.

Maar net nog 'n vraag en iets wat my kop deurmekaar maak.

Op strictly come dancing sê sy hoe ek haar inspireer het. En met die woorde "yes ladies you must find yourself a goodman". Week later, geskei. Net nog iets waaroor ek wonder.

En dan 'n klomp goed wat nie eers wil noem nie.

Dan antwoord ek jou omdat niks klop vir my! Daarom sukkel ek om aan te beweeg. Because where did things go wrong? Is dit so eenvoudig soos dit. Was ek net nie goed genoeg nie?

Slotsom.

Na dit alles wat gesê is. En almal wat my sien as 'n smartvraat. Ek stem saam.

Ek is moeg, ek kan nie meer nie. Hoe maak jy 'n stukkende hart heel?

Maar in elkgeval, al die vrae hierbo en in my kop maak elkgeval glad nie saak.

Het ek gefale en nie altyd dinge reg hanteer nie. Natuurlik!!

Dan, die rede vir post.

Dis amptelik my laaste post oor iets wat elkgeval privaat moet/moes wees. Maar met kinders (is dit) net soveel moeiliker. My hart gaan uit na almal Wat hierdie sleg moes ervaar het al. But you are not alone.

Ek kies om nie victim verder te wees nie!

Jesus is goed vir my.

En net 'n versoek aan Jan Alleman.

Los asseblief my en Karlien om hierdie stryd alleen te stry. Dat Sy in rus en vrede kan aangaan met haar nuwe lewe....xxxxxxxxxxxxx

Hoofstuk 2 – begin nou.

Kan ons nie maar vergeet en vergewe.

Ek het alles gegee. En meer!