Net by die LC de Villiers-sportgronde in Pretoria is daar gistermiddag omstreeks 16:30 sowat 2500 mense gevra om vandag terug te kom omdat dit te laat geraak het. Van die mense het toe reeds vyf ure in die tou gewag.

By die Uniegebou was die tou teen 16:00 nog honderde meters lank.

Mense kan van vanoggend om 08:00 na Mandela gaan kyk. Hulle kan by die LC de Villiers-sportgronde of by die Pretoria-skougronde parkeer en wag vir 'n bus wat hulle na die Uniegebou sal neem. By die Uniegebou stap mense in twee enkelgelid-rye na die amfiteater waar Madiba in sy kis lê.

Mense wag nie foto's neem nie en moet hul selfoon afsit.

- Hilda Fourie