[caption id="attachment_162729" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Die paartjie is reeds die ouers van Hugo (5) en Jessie (1).

Lika het net voor tienuur die oggend tuis die lewe geskenk aan klein Anneke, haar en Clyde se eerste dogtertjie. Haar ma, die legendariese aktrise Jana Cilliers, was by tydens die geboorte.

“Vergeet van hospitale,” sê Lika laggend. “Doen dit sommer by die huis!”

Lika vertel haar ma het klein Anneke ontmoet toe haar naelstringetjie nog aan haar geheg was. “Ag, my ma en Clyde se ouers help ongelooflik baie – met die seuns ook,” vertel sy.

“Die beste ding van ma-wees is die onvoorwaardelike liefde van jou kinders, hul blik op die lewe is verfrissend en hulle hou ’n mens op jou tone,” vertel die ster van Liefling en Die Wonderwerker.

“Arme Jesse verstaan nog nie so mooi nie . . . Maar hy sê 'baba' en ‘doedoe'. Hugo is ’n wonderlike ouboet; hy help al met doeke ruil!”

Ten spyte van die drie kleintjies in die huis werk Lika steeds volstoom aan die nuwe sokkerfliek Kings of Kwano, wat later vanjaar uitgereik word.

En beplan die Berning-gesin om nog kinders te hê?

“Nee! Hierdie besigheid is nou gesluit!” sê sy beslis.