Sy het ongeduldig gewag en nege jaar later, net drie dae ná haar 16de verjaardag, lê Dené Vorster van Roodepoort ’n oudisie vir 2011 se Idols-seisoen in Johannesburg af.

En vandag is sy die jongste van die finaliste wat Suid-Afrikaners by die topagt ingestem het. Maar dit was so hittete of sy het ná haar geslaagde oudisie kop uitgetrek.

“Ek was vrek bekommerd,” erken sy. “Ek het heeltyd gewonder of ek nie nog te jonk is om die druk te hanteer nie.”

Lees die res van die onderhoud in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.