Die aanhangers van die 49-jarige akteur van ABD se uiters gewilde mediese drama was onlangs baie geskok toe sy karakter, dr. Derek Shepherd, die reeks verlaat.
Patrick het nog nie op die aantygings gereageer nie, maar hy het in vorige onderhoude erken dat sy werk moontlik ’n rol gespeel het in die verbrokkeling van sy huwelik.

Die besluit om weg te gaan, kom ’n paar maande nadat Jillian Fink, die akteur se vrou, ná ’n huwelik van 15 jaar ’n egskeiding aangevra het. Nou is daar bewerings dat die einde van sy karakter en die verbrokkeling van sy huwelik albei te wyte is aan ’n ‘onbehoorlike verhouding‘ met ’n vrou op die stel.

“Patrick het ’n onbehoorlike verhouding gehad met ’n jong vrou wat op die stel gewerk het,” het ’n bron aan In Touch gesê. “Ellen Pompeo het daarvan uitgevind en sy was woedend, aangesien sy en Jillian boesemvriendinne is. Sy het Jillian toe daarvan vertel.”

Shona Rimes, die skepper van Grey’s, het ook gerugte oor die verhouding gehoor en het, luidens berigte, besluit om Patrick uit die reeks uit te skryf.

“(Sy) duld glad nie sulke optrede nie,” het die bron bygevoeg.

Patrick het nog nie op die aantygings gereageer nie, maar hy het in vorige onderhoude erken dat sy werk moontlik ’n rol gespeel het in die verbrokkeling van sy huwelik.

“Dit sou lekker gewees het om op een ding te kon konsentreer en nie partykeer so dun uitgesprei te wees nie,” het hy aan die Associated Press gesê terwyl hy ’n perdewedrenbyeenkoms bygewoon het in Daytona Beach, Florida. “Ek dink ek gaan in die vervolg meer vaartbelyn optree en sake meer spesifiek balanseer as wat ek dit tot dusver gedoen het.“

Patrick en Jillian het drie kinders: ’n 13-jarige dogter, Talula, en tweelingseuns, Darby en Sullivan (8).

© Cover Media